Demokrasie is nie vanselfsprekend nie – Obama

Die voormalige Amerikaanse president, Barack Obama, sê die stemregkwessie in die VSA is miskien iets waaroor die meeste mense hulle nie bekommer nie, maar die geweld by Capitol Hill is ‘n herinnering dat demokrasie nie as vanselfsprekend aanvaar moet word nie. Obama steun die konserwatiewe senator van die Demokratiese Party vir West-Virginia, Joe Manchin se voorgestelde wetgewing, For the People Act, wat toegang tot stemreg sal verbreed. Hy sê om mense in magsposisies toe te laat om die grense van wetgewende distrikte te manipuleer, het die politieke verdeeldheid in die land verdiep. Obama het bygevoeg dat die toekoms van die land op die spel is.