Studente moet vasbyt

Tersiêre studente is byna klaar met hul eerste eksamens en kan binnekort hul uitslae ontvang. Dit is moeilike tye vir studente tydens die Covid-pandemie. Dr. David Namwandi, stigter van die International University of Management, gee ‘n boodskap van hoop aan studente. Hy sê diegene wat dit nie hierdie semester gemaak het nie, moet hul sokkies optrek en volgende keer beter doen. Namwandi is aan die woord op Kosmos 94.1 Nuus.