Outa: Verbruikers kan nie beurtkrag vryspirng

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die energiereguleerder Nersa se besluit om ‘n tariefverhoging van 18,65 persent toe te staan, kom teen ‘n agtergrond van maande lange erge beurtkrag, ekonomiese stilstand en hoë werkloosheid. Verbruikers wat elektrisiteit regstreeks by Eskom koop, sal van 1 April af meer betaal en dié wat by munisipale verspreiders koop van 1 Julie af. Liz McDaid van Outa sê verbruikers kan op geen manier skerp stygende elektrisiteitspryse en toenemende beurtkrag vryspring nie.