Nampol moet op vroue se hulpkrete reageer

‘n Maatskaplike aktivis sê die Namibiese polisie is geneig om eerder vroulike slagoffers van geslagsgweld te blameer, as om hulle te help. Dit volg nadat Nampol daarvan beskuldig is dat hulle nie betyds die ma van die vyf-jarige vermoorde Wilfred Eiseb van Walvisbaai gehelp het nie. Die 33-jarige Memory Eises sê die polisie het versuim om hulle te beskerm nadat sy telkemale by die Kuisebmond-polisiekantoor was. Nampol in die Erongo-streek ondersoek nou die beweringe. Esme Mudge, redakteur van Sister Namibia, gee haar mening oor hoe die Nampol op vroue se klagte reageer.