Outa sê sy klag teen Mabuza is geldig

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in Suid-Afrika sê hy is bekommerd oor adjunkpresident David Mabuza se reaksie op bewerings van sy betrokkenheid by ‘n grondeis-bedrogspul van 35 miljard Suid-Afrikaanse rand in Mpumalanga. Die organisasie het ‘n strafregtelike klag teen Mabuza by die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat ingedien waarin hy beskuldig word van betrokkenheid by misdade soos diefstal, bedrog, meineed en intimidasie. Mabuza ontken die bewerings. Wayne Duvenage van Outa sê hulle klagte is geldig: