N$3m se dwelms in November gevind

Die Namibiese polisie sê dwelms ter waarde van amper 3 miljoen Namibiese dollar is in November gekonfiskeer met 142 verdagtes wat in hegtenis geneem is. Van die is 136 Namibiërs met Angolese, Kongolese en Zambiërs ook in die groep. Dagga ter waarde van 2,93 miljoen dollar, Mandrax ter waarde van 33 120 dollar en stukkies kokaïen ter waarde van 12 600 dollar is gevind. Daar is onlangs deur die oud-hoof van Nampol se dwelmeenheid, afgetrede kommissaris Hermie van Zyl gesê dat Namibië nie net ‘n verbruikersland is nie maar, ook ‘n deursetpunt vir dwelms.