Haufiku loof pediatriese teater, hoop vir nog uitbreiding

‘n Voormalige Namibiese gesondheidsminister hoop dat gesondheidsdienste ook na ander dele van Namibië uitgebrei sal word. Hy verwys na die eerste pediatriese teater wat by die Windhoek Sentrale Hospitaal amptelik geopen is. Dié teater sal die koste van operasies aansienlik verminder, omdat 90 persent van pediatriese operasies tans na private hospitale verwys word. Dr. Bernard Haufiku wens die gesondheidsministerie geluk met die mylpaal.