Outa sê los Eskom-hoof uit

Talle rolspelers doen ‘n beroep dat Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, en die kragvoorsiener se raad bedank, maar die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die oproep is belaglik. Outa se woordvoerder, Wayne Duvenage, sê die huidige raad het ‘n gebroke stelsel geërf wat reeds misluk het. Hy sê ander instellings moet die skuld kry vir Eskom se huidige probleme.