SA aktivis sê SMU-studente moet gearresteer word

Die Suid-Afrikaanse onderwys-aktivis Hendrick Makaneta doen ‘n beroep op die polisie om vinnig op te tree en studente in hegtenis te neem wat werknemers van die Sefako Makgatho-universiteit in Pretoria verhoed om die kampus te betree. Makaneta sê die universiteit kan nie gyselaar gehou word deur ongedissiplineerde studente wat nie verstaan hulle regte word deur Artikel 36 van die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996 beperk nie. Hy sê die regte van betogende studente eindig waar die regte van vreedsame studente begin. Geen student of werknemer mag verhoed word om toegang tot die kampus te kry nie.