Mike Bolhuis glo Moti-broers is deur Trans-Atlantiese sindikaat ontvoer

Die bekende Suid-Afrikaanse privaat speurder Mike Bolhuis glo die ontvoering van die vier Moti-broers van Polokwane in Limpopo is uitgevoer deur ‘n uiters professionele Trans-Atlantiese sindikaat aangesien geen forensiese of ander leidrade of inligting bekend geword het tydens of na die ontvoering nie. Hy sê die polisie en privaat ondersoekers kon nog nie ‘n deurbraak maak nie. Bolhuis glo daar is ‘n spesifieke rede waarom drie weke reeds verby is sedert die kinders ontvoer is.