‘Oues weet beter’ – Nujoma

Die Namibiese Minister van Arbeid Utoni Nujoma sê hy kan nie verstaan hoekom die land se jeug nie ouer politici vertrou nie, en dit terwyl ontwikkelde lande staat maak op ouer politici om armoede uit te wis. Hy het die aanmerkings gemaak na die PDM LP Elma Dienda voorgestel het dat lede van die Huis beperk moet word ingevolge hulle ouderdom. In haar mening is dit verbasend dat senior politici jong mense aanraai om werk te skep. Sy sê as staatsamptenare op 60 moet aftree, dan moet politici ook. Dienda meen dat lede van die Nasionale Vergadering op 70 in die Huis sit maar sê hulle besnoei op mense van 40 en sê aftree-ouderdom moet 60 wees om kostes te bespaar. Sy meen hulle moet dan ook gaan sodat die regering ook op sy beurt kostes kan spaar. Nujoma meen ouer politici het meer ervaring as jong mense wat opspring en hulle vuiste op tafels slaan.