Gronddamme voorsien water in die noorde

Daar is ‘n vertraging in die opknappingswerk in die kanale in die noorde en dus, is daar uitdagings met watervoorsiening in die gebied. Die area is kommunaal wat uitdagings inhou vir boere en nedersetting. Die Namibiese Ministerie van Landbou se waarnemende Adjunk Uitvoerende Direkteur in Waterwese Maria Amakali sê verskeie gronddamme is ontwikkel om die reënwater op te vang.