SA sal Johnson en Johnson weer uitrol

Die Waarnemende Minister in die Suid Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni het vroeër vandag bevestig dat die Kabinet het ingestem dat die opskorting van die Johnson & Johnson Covid-19 entstof opgehef moet word. Sy sê die Gesondheidsminister, Zweli Mkhize behoort binnekort ‘n aankondiging in die verband te maak en sê dat die program hervat sal word, sodra die departement gereed is. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se Kaapse Korrespondent doen verslag.