Oudpremier van Lesotho in hof vir moord op sy eerste vrou

Die 82-jarige oudpremier van Lesotho, Thomas Thabang, verskyn saam met sy tweede vrou, die 43-jarige Maesaiah Thabang, in die hooggeregshof op klagte dat hulle sy eerste vrou, Lipolela in 2017 laat vermoor het. Sy is in haar motor naby hul huis in Maseru doodgeskiet. Dit was dae voordat Thabang as premier ingehuldig is en hulle in ‘n bitter egskeidingstryd gewikkel was. Hy is twee maande na sy haar dood met sy tweede vrou getroud. Die saak word in Maart aangehoor.