Covid-pandemie belemmer stryd teen MIV/vigs

Die premier van Gauteng, David Makhura, sê die stryd teen MIV en vigs behoort voorkeur te kry al spartel die land met die Covid-pandemie. Stappe om die MIV/vigs-epidemie te beïndig is onderbreek, ten spyte daarvan dat statisiteke wys meer as agt miljoen Suid-Afrikaners het MIV. Baie word nie behandel nie. Hy het gesê Covid-19 behoort nie ander pandemies te oorskadu nie.