Al Capone se pistool behaal N$15 miljoen op veiling

‘n Pistool wat aan die berugte Amerikaanse bendeleier Al Capone behoort het, is vir meer as 15 miljoen Namibiese dollar verkoop op ‘n veiling in Kalifornië. ‘n Verskeidenheid van Capone se besittings is opgeveil vir altesaam 50 miljoen Namibiese dollar. Byna al die items is vir baie meer as die afslaers se ramings verkoop. Capone is in 1931 tronk toe gestuur weens belastingontduiking, alhoewel hy verdink is van veelvuldige moorde. Hy het elf jaar in die federale gevangenis in Alcatraz deurgebring voor hy in 1947 by sy huis in Florida gesterf het.