Oudlanddros en Nambiese rugbyspeler Rooies Mostert aangekeer

Die oudlanddros en Namibiese rugbyspeler, Rooies Mostert, wat op Tses inhegtenis
geneem is staar klagte van onder andere beweerde bedrog, diefstal, korrupsie,
afpersing, regsverydeling en die oortreding van immigrasiewetgewing in die
gesig. Mostert, wat enkele jare gelede na Suid-Afrika uitgewyk het, was glo op pad na
Gobabis toe hy inhegtenis geneem is. Die Teenkorrupsie-kommissie was op sy spoor en
het ook die hulp van Interpol gevra.