Daar is 248 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 248 nuwe
Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek het 72, Rehoboth 25, Walvisbaai 21,
Okahao 20, Luderitz 14 en Oshakati 13. Die res is landwyd versprei. Daar is op die
oomblik 1 821 aktiewe gevalle 46 421 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal
van 48,902. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 649.