Oudkaptein van Engelse krieketspan sit sy kolf neer

Krieket: Die voormalige kaptein van Engeland, Eoin Morgan, het sy uittrede uit alle formate van die spel aangekondig. Hy het Engeland aangevoer toe hulle die Wêreldbeker in 2019 gewen het en het in Junie uit die eendagspel getree. Morgan bly Engeland se grootste lopievraat in eendagkrieket en is tweede op die T20-ranglys na die huidige kaptein, Jos Buttler. Die 36-jarige se laaste toernooi was vir die Paarl Royals in die pas afgelope SA20.