DA Studente-organisasie vra ondersoek by NWU

Die DA Studente-organisasie by Noordwes Universiteit vra ʼn ondersoek na beweerde rasse-oorwegings op die Potchefstroom-kampus. Dit het skynbaar aanleiding gegee tot die uitsluiting van studente wat privaat woon van die jaarlikse verwelkomingseremonie wat in die amfiteater gehou is. ʼn Woordvoerder van Daso, Bertus Bornman, sê inwoners van privaat blyplekke is laat Vrydagaand in kennis gestel hulle is nie welkom by Sondag se verwelkoming-seremonie nie en moes die verrigtinge virtueel by ander plekke op die kampus volg.