Oudhoof van dwelmeenheid sê kokaïensmokkelaars se vonnis is te lig  

Die voormalige hoof van Nampol se dwelm-eenheid Hermie van Zyl is ontevrede oor die vonnis van die twee veroordeelde kokaïensmokkelaars, die 40-jarige Grant Noble, en die 66-jarige Dinath Azhar. Hulle is vanoggend deur regter Orben Sibeya vir 12 jaar tronk toe gestuur waarvan vyf jaar opgeskort is. Die twee is in 2018 by die Walvisbaai-hawe gevang met 412 kilogram kokaïen wat hulle in ‘n vraghouer probeer insmokkel het vanuit Brasilië. Die dwelms het ‘n beraamde waarde van 206 miljoen Namibiese dollar gehad. Van Zyl sê die ligte vonnis is kommerwekkend.