Oudburgemeester van Johannesburg hof toe

Mpho Phalatse, wat met ‘n mosie van wantroue verwyder is as burgemeester van Johannesburg, het dokumente by die hooggeregshof ingedien om verlede week se spesiale raadsvergadering onwettig te laat verklaar. Sy sê hulle sal nie bystaan terwyl die ANC en sy bondgenote van korrupte middele gebruik maak om die mag te bekom nie. Phalatse sê die mense van die stad het die ANC uitgestem vir ‘n beter keuse.