Iran gee Amerika en Israel skuld vir onrus

Ajatolla Ali Khamenei, opperleier van Iran, blameer Amerika en Israel vir die betogings in die land ná die dood van ‘n vrou in aanhouding. Khamenei sê die onluste is deur Iran se aartsvyande en hul bondgenote gemanipuleer. Die betogings het gelei ná die dood van die 22-jarige Mahsa Amini op 16 September nadat sy drie dae in ‘n koma was. Sy is in die hoofstad Teheran deur lede van die sogenaamde moraliteitspolisie in hegtenis geneem weens onvanpaste kleredrag. Haar hidjab was glo nie gepas nie.