Duitsland skenk toerusting van R21,7 miljoen vir bewaring

Die Duitse regering deur die samewerkingsorganisasie KfW gaan môre tien vier-by-vier voertuie en parkbestuur-toerusting ter waarde van 21,7 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese omgewingsministerie geskenk vir die beskerming van Namibië se wildlewe. Die toerusting behels kamptoerusting, toerusting vir die monitering van wild, vervoerkratte vir roofdiere, en internettegnologie-toerusting. Natuurbewaarders word ook beloon vir hul harde werk en sal toekennings vir bewaring ontvang.