Oudburgemeester van Johannesburg gaan haar stryd voortsit

Mpho Phalatse het beloof om haar stryd voort te sit om haar posisie as Johannesburgse burgemeester te behou. Sy het die onlangse raadsitting waarop Dada Morero as nuwe burgemeester verkies is, as ‘n staatsgreep beskryf en sê dit was ‘n komplot om die ANC weer aan bewind te bring. Die DA het ‘n hofuitdaging van stapel gestuur om die sitting onwettig te laat verklaar. Phalatse sê Morero se verkiesing is verraad teenoor die kiesers.