WGO: Mondelinge entstowwe teen cholera in Haïti nodig

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n beroep gedoen vir mondelinge entstowwe teen cholera in Haïti. Die land het tot dusver minstens sewe sterftes aangemeld. Die WGO waarsku egter dat sommige vroeëre gevalle moontlik nie opgemerk is nie, en meer gevalle sal na verwagting voorkom. ‘n Uitbreking in 2010 het ongeveer 10 000 mense se lewens geëis, waarvoor die Verenigde Nasies se vredesmag die skuld gekry het. Die WGO se woordvoerder, Christian Lindmeier, sê die organisasie en sy vennote het tente vir cholera-behandelingsentrums beskikbaar gestel en sal ook medisyne en toerusting verskaf.