PDM: Gebrek aan bystand vir boere in Omusati-streek

Die PDM-parlementslid, Vipuakuje Muharukua, het vandag ‘n mosie in die Nasionale Vergadering ingedien oor landbouproduksie en die gebrek aan bystand wat die regering aan plaaslike boere en produsente verleen. Hy sê die inisiatief voldoen nie aan die vraag nie en daar is ‘n gebrek aan ernstige belegging in die landbousektor. Muharukua sê hy het op sy reis na die Omusati-streek met sowat 14 boere gepraat en 90 persent van diegene wat betrokke is by besproeiingsaktiwiteite, het dit begin met geen bystand van die regering nie.