Oud-speler sê oor Sondag se T20-wedstryd teen Afghanistan

Die Eagles speel Sondag om 12-uur teen Afghanistan in Abu Dhabi in die T20 Wêreldbeker. Volgens JJ Smit, wat met die media in Dubai gepraat het, is dit moontlik om die span te klop. Afghanistan is sewende op die wêreld ranglys en Namibië is 16de. Smit sê strategie word oorweeg op die oomblik en die span oefen in die verband. Kenners meen dit is die sterkste nasionale krieketspan wat die land nog ooit verteenwoordig het. Oud-speler, Etienne Brits deel sy verwagtinge oor Sondag se wedstryd met Kosmos 94.1 Nuus…