Kabinet keur 0% grondbelasting vir 2019/20 goed

Die Namibiese kabinet, het na ‘n versoek deur die landbouminister Calle Schlettwein, ‘n nulkoers grondbelasting vir die 2019-2020 boekjaar goedgekeur. Die 2007-2012 waardasielys sal op al vyf uitstaande jare van toepassing wees. Die uitstaande grondbelasting sal teen 0,75 en 0,4 persent bereken word. Die ministerie beplan om alle grondbelastingaanslae voor die einde van 2021 te verwerk en gedurende Januarie en Februarie volgende jaar aan grondeienaars uit te stuur. Grondeienaars word versoek om voorsiening te maak vir hierdie betalings in hul kontantvloei beplanning vir 2022.