Moenie ANC-mislukkings op migrante blameer om stemme te werf nie

Die Konsortium vir Vlugtelinge en Migrante in Suid-Afrika het politieke partye gewaarsku om nie migrante en asielsoekers as sondebokke in hul verkiesingsveldtogte te gebruik nie. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Thifulufheli Sinthumule, sê dit is teleurstellend dat sommige politieke partye steeds buitelandse burgers blameer vir die mislukkings van die staat, insluitend die hoë vlakke van armoede, werkloosheid en korrupsie. Sinthumule sê kiesers mag nie gewerf word ten koste van migrante en asielsoekers nie: