Oud-soldate en vlugtelinge hou optog

Oud-soldate en voormalige vlugtelinge hou vanoggend ‘n vreedsame protesoptog om lig te werp op hulle stryd om erkenning. Die groep sê hulle is kompensasie tydens onafhanklikheid beloof maar het net 10 Namibiese dollar, ‘n matras en ‘n panga in 1989 ontvang. Hulle eis betaling vir hervestiging maar, hulle eise is reeds deur die Verenigde Nasies, wat hulle in 1989 help hervestig het in die land, sowel as die Namibiese regering verwerp. NamPol se adjudant-offisier Silas Shipandeni het meer.