Indiensnemingsyfers in SA is belowend

President Cyril Ramaphosa sê die jongste indiensnemingsyfers stem die regering versigtig optimisties. Volgens Statistieke Suid-Afrika het die aantal mense in diens van 14,5 miljoen in die vierde kwartaal van verlede jaar tot 15,5 miljoen in die tweede kwartaal van vanjaar gestyg. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief ekonomiese groei en werkskepping kan net bereik word deur die moeilike maar noodsaaklike strukturele hervormings aan te pak wat die sake- en beleggingsklimaat sal verbeter. Hy sê die regering sal voortgaan om ‘n reeks bykomende ingrypings na te streef om werkskepping te ondersteun.