Kaapstad verwelkom bootskou

Die Stad Kaapstad verwelkom die terugkeer na die V en A Waterkant van Afrika se voorste bootskou, Boatica Cape Town 2022. Die geleentheid word weer in die Moederstad aangebied na ‘n onderbreking van twee jaar weens die pandemie. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê by Afrika se grootste bootskou is daar vanjaar 120 maatskappye wat hulle produkte aanbied, asook verskillende aktiwiteite op die water, ‘n BBP-bootvaart en ‘n uitstalling van ʼn luukse lewensstyl wat ‘n ruim geleentheid bied om jou beursie te skud.