Oud-goewerneur ondersteun Nandi-Ndaitwah

Die voormalige Otjozondjupa-goewerneur, Otto Ipinge, sê hy hoop om te sien dat Swapo na sy gloriedae terugkeer as die party sy huidige vise-president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, toegelaat word om haar posisie te behou en gevolglik die volgende president te word. Ipinge, wat vir ongeveer 13 jaar Swapo se koördineerder vir Otjozondjupa was, sê dat ‘n Nandi-Ndaitwah-veldtogspan in die streek gestig is. Ipinge is die span se voorsitter. Die voormalige raadslid van die Otjiwarongo-kiesafdeling sê dit is ook sy wens om te sien dat die huidige sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, haar posisie behou by die kongres wat vir November vanjaar in Windhoek vasgestel is.