Walvisbaaise hawe gaan meer litium na China uitvoer

Namport het aangekondig dat Walvisbaai-hawe die uitvoer van litium na China vergemaklik. Die hawe van Walvisbaai het die uitvoer van 25 000 ton litium-erts na China vergemaklik met ‘n bykomende 50 000 ton wat na verwagting later hierdie maand verskeep sal word, het die hawe-operateur Namport bekend gemaak. Litium-erts is ‘n produk wat gebruik word in die vervaardiging van keramiek en glas, sowel as in primêre aluminium vervaardiging.