BoN reageer op 1,6m Namibiërs wat van bankdienste gebruik maak

Na beraming gebruik twee derdes van Namibiërs formele bankdienste en dus is daar ‘n derde van die bevolking oor, wat minderjariges insluit, wat nie van banke gebruik maak nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Kazembire Zemburuka, die Bank van Namibië se direkteur van strategiese kommunikasie, gepraat wat gereageer het op die 1,6 miljoen Namibiërs wat in die formele banksektor is.