Otoniel in Colombia gearresteer

Die weermag in Colombia het die inhegtenisname van Dairo Antonio Usuga, bekend as Otoniel, bevestig. Otoniel is een van die bekendste dwelmhanderlaars in Suid-Amerika en die arrestasie word beskryf as die grootste neerslag vir dwelms sedert die dood van Pablo Escobar. Otoniel, 50 jaar oud, word ook daarvan beskuldig dat hy kinders seksueel misbruik het en hy word ook verdink van verskeie moorde. Owerhede het ‘n losprys van 800 000 Amerikaanse dollar vir sy arrestasie aangebied en die VSA het sy eie losprys van 5 miljoen Amerikaanse dollar gehad.