Lloyd Harris in Antwerpen uitgeskakel

Die eerste gekeurde Jannik Sinner het sy vyfde ATP-eindstryd van die seisoen by die Europese Ope in Antwerpen verseker, toe hy binne 87 minute Lloyd Harris van Suid-Afrika met 6-2, 6-2 uitgeskakel het. Die 20-jarige Italianer hoop om sy vierde titel van die seisoen te wen ná sy oorwinnings in Melbourne, Washington en Sofia. Dit was Harris se tweede halfeindstryd van die seisoen nadat hy vroeër die finale ronde in Dubai gehaal het. Sinner sal in die eindstryd teen die Argentyn Diego Schwartzman te staan kom.