Kommer oor Zim-regering se vergrype

Human Rights Watch in Washington in die VSA sê ‘n kritikus van die Zimbabwiese regering, Apostle Talent Chiwenga het gevlug nadat agtergekom het hy word agtervolg deur regeringsamptenare. Volgens die organisasie sê Chiwenga hy vrees vir sy lewe. Chiwenga is bekend vir sy aktivisme en gebruik sy kerk om kritiek uit te spreek teenoor Emmerson Mnangagwa se regering, veral in verband met menseregte vergrype. Mnangagwa word al hoe meer daarvan beskuldig dat hy geen teenstand of kritiek duld nie.