Otjozundjupa-goewerneur en stakende werkers van Cheetah-sement vergader

Otjozondjupa-goewerneur, James Uerikua, vergesel deur streekraadsvoorsitter, Marlayn Mbakera, het vanmiddag ‘n vergadering gehou met die stakende werkers van die Cheetah-sementfabriek by Otjiwarongo. Uerikua sê dringende stappe is nodig om die staking te beëindig nadat loon-onderhandelinge in Julie ‘n dooiepunt bereik het, wat die kantoor van die arbeidskommissaris gedwing het om ten gunste van ‘n staking te beslis. Die goewerneur sê oor twee weke sal weer vergadering gehou word met die voorsitter van die Cheetah Cement-raad, Zedekias Gowaseb, arbeidsinspekteurs en arbiters sowel as verteenwoordigers van die Mynwerkersvakbond van Namibië. Uerikua sê die arbeidsonrus by die fabriek sal eers tot ’n einde kom as die arbeidswette van die land deur albei partye gerespekteer word.