Duisende woon erkenningseremonie van Zulu-koning by

Ongeveer 48 000 mense stroom deur die hekke van die Moses Mabhida-stadion in eThekwini om deel te wees van die amptelike erkenningseremonie van koning Misuzulu kaZwelithini deur President Cyril Ramaphosa. Meer as 80 busse en 200 minibus-taxi’s het mense na die stadion vervoer. ’n Oorlooplokaal met groot skerms is by die nabygeleë People’s-park opgerig. eThekwini het bevestig daar is 100 bykomende busse vir inwoners beskikbaar. Die geskiedkundige gebeurtenis het laas in 1971 plaasgevind. Die minister van Polisie Bheki Cele het wetstoepassers aangesê om hulle deel te doen om wet en orde te handhaaf.