Oshikoto spreek skoolswangerskappe aan

Tienerswangerskappe bly ‘n uitdaging vir onderwysowerhede en talle meisies val jaarliks uit en voltooi nie hulle skoolloopbane nie. Die jongste syfers vanuit die Oshikoto-streek toon dat amper 1 300 skoolmeisies in die afgelope drie jaar swanger geword het. Van die getal het 749 teruggekeer skool toe en 545 het uitgeval. Volgens die streek se onderwysdirekteur, is ouer mans verantwoordelik omdat minder as 5 persent van skoolmeisies swanger raak deur skoolseuns. Streeksowerhede het intussen 325 onderwysers in sogenaamde ‘Life Skills’ opgelei en daar is verskeie programme wat uitgerol word in die verband.