Oshikoto-polisie sê oor pad vorentoe met WWI-wapens

Kommissaris Teopoline Kalompo-Nashikaku die Oshikoto-streeksbevelvoerder van Nampol sê dat hulle nog ‘n verslag vir die hoofkantoor in Windhoek moet voorberei in verband met die groot vuurwapen-vonds uit die Eerste Wêreldoorlog op Tsumeb. Meer as ‘n 1 000 ou, geroeste vuurwapens is ontdek toe Telecom Namibia kabels in ‘n sloot opgegrawe het in Omegastraat, net agter die gholfbaan. Kalompo-Nashikaku sê hulle sal dan instruksie ontvang oor of die wapens aan die museum geskenk moet word of nie.