Andrew en Sarah neem Elizabeth se corgis aan

Prins Andrew en sy eksvrou, Sarah Ferguson, sal ná koningin Elizabeth se corgis omsien. ‘n Woordvoerder van die hertog van York het gesê hy en Sarah, hertogin van York, sal Muick en Sandy aanneem. In 2021, tydens die inperkings, het prins Andrew sy ma, koningin Elizabeth, Muick, ‘n corgi, en Fergus, ‘n dorgi, geskenk. Toe Fergus in Mei 2021 dood is, in die nasleep van prins Philip se dood, is hy vervang met ‘n ander corgi, Sandy – ‘n geskenk van prinsesse Beatrice en Eugenie vir haar amptelike 95ste verjaardag. Die koningin se lewenslange liefde vir corgis is goed gedokumenteer en sy het glo gesê dat haar corgis familie is. Daar is deur lede van die publiek gesê dat hulle dankbaar is vir haar liefde vir haar honde en dat sy honde as deel van die familie en in die huis, genormaliseer het.