Oshana se dronk leerders wek kommer onder owerhede

Die direkteur van onderwys in die Oshana-streek, Hileni Amukana, sê sy ontvang berigte dat leerders onder die invloed van drank en dwelms by die skool opdaag. Daar is ook die wat tussen klasse iets drink en rook. Sy sê van die leerders sê hulle kan dit nie deur die skooldag maak sonder ‘n sigaret of drankie nie. Volgens Amukana is daar ook leerders wat skoolheinings sny om die perseel te verlaat. Sy het by ‘n vergadering met ouers gesê dat leerders in graad 8, wat tussen die ouderdom van 14 en 20 is, reeds verslaaf is met sommige leerders wat sê hulle ouers is bewus van die probleem. Terwyl sy nie besonderhede verskaf het nie, het sy ook haar kommer uitgespreek oor wat sy as molestering van leerders in skoolbadkamers beskryf het.