Calle op pad na Angola oor waterprojekte in Cunene-bekken

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein is op pad na Angola om waterprojekte wat deur die Angolese regering in die Cunene-provinsie van stapel gestuur is, te besoek. Hy is deur die buurland se ministerie vir water en energie uitgenooi. Die projekte is genoodsaak as gevolg van uitdagings met watervoorsiening in die Cunene as gevolg van uitgerekte droogtes. Namibië en Angola deel die Kunene-rivier en die bron is ewe belangrik vir beide lande. Daar is ooreenkomste in die verband maar, Schlettwein sal ‘n ooreenkoms vir tussentydse reëls vir gesamentlike operasies onderteken. Die reëls handel oor die Calueque-skema wat water voorsien aan Ruacana se hidroëlektriese kragstasie. Die skema is in Angola geleë. Schlettwein het onlangs melding gemaak van uitdagings met oorgrens waterbestuur en het spesifiek Ruacana genoem.