Maties sê vandag oor rassisme-verslag

Die Universiteit Stellenbosch hou vandag ʼn nuuskonferensie oor die bevindings en aanbevelings van ʼn onafhanklike ondersoek oor beweerde rassisme by die instelling. Die verslag oor die ondersoek deur die Khampepe-kommissie is aan die visekanselier, Wim de Villiers, oorhandig. De Villiers het reeds vooraf die verslag as ʼn ontnugterende oomblik vir Maties beskryf en gesê die bevindings maak dit duidelik dat swart personeellede en studente nie welkom voel by die universiteit nie: