Oshana-polisiehoof gesels oor misdaadbekamping

Oshana-polisie se streeksbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, wat onlangs in die pos as streeksbevelvoerder aangestel is, sê hy laat voer daagliks polisiepatrollies uit, sowel as weeklikse streeksbevelvoerder-operasies om misdaad in die streek te bekamp. Hy sê as gevolg van hierdie polisie-sigbaarheid het hy ‘n afname in misdaad in die streek gesien. Al word gevalle van misdaad op ‘n daaglikse basis aangemeld, gaan hulle voort om onvermoeid te werk om misdaad in die streek te bekamp. Sakaria doen ‘n beroep op gemeenskapslede om misdaad te help bekamp.