Maerua Mall word uitgebrei, in fases

Plaaslike berigte lui dat Oryx Properties beplan om miljoene te belê in die uitbreiding en opknapping van Maerua Mall. Die maatskappy beoog om volgende jaar 50 miljoen Namibiese dollar in die eerste fase te bestee. ‘n Opelug-restaurantarea word ontwikkel. Oryx se uitvoerende hoof Ben Jooste sê die holistiese plan vir uitbreiding  sal oor ‘n paar jaar geïmplementeer word. Die eerste fase wat ‘n nuwe area na die oostelike deel van die sentrum sal ontwikkel is vir die opelug-restaurante. Dit is reeds deur die direksie goedgekeur. Jooste sê op die oomblik presteer Maerua Mall baie goed en het sy veerkragtigheid na die inperkings tydens Covid bewys.