Oshana-polisie vergader met banke oor rooftogte na onttrekkings

Die Oshana-polisie sê dat rooftogte van lede van die publiek wat kontant by banke getrek het, het in die streek handuit geruk. Die mag sê kliënte by kitsbanke, veral pensioenarisse, is ook geteiken. Die streek se bevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar ‘n persepsie by die publiek was dat bankpersoneel betrokke is. Hy het toe ‘n vergadering met banke gereël…

Sakaria sê lede van die publiek kan die polisie kontak vir begeleiding as groot hoeveelhede kontant getrek moet word.